![]() | ![]() | |
![]() |
Hallo almal! Dankie dat jy 'n tydjie afknyp om ons webblad te besoek. My naam is Andaline de Kock. Meeste noem my "Attie". Ek kom oorspronklik van die Noord-Kaap. Ek het by Anton & Tanya Bestuurskool aangesluit gedurende 2006. Ek bied bestuursopleiding aan in Afrikaans sowel as Engels en is werksaam in die Noordelike Voorstede van Kaapstad. Ek is beskikbaar Maandae tot Vrydae vanaf 07h00-19h00. Indien nodig, is ek ook op Saterdae beskikbaar. Ek gebruik 'n VW Polo vir opleiding, maar is ook bereid om vir jou in jou eie motorvoertuig van opleiding te voorsien. My Polo is 'n baie gerieflike voertuig en maklik om te bestuur. Dit is 'n handrat voertuig met flikkerligte aan die linkerkant van die stuurwiel. Weens die voertuig se kragstuur word parkering baie vergemaklik en die ABS remme verseker 'n perfekte en suksesvolle noodstop. Opgesom.....die voertuig is 'n fees vir enige persoon lank of kort! Die lekkerste deel van my werk is die absolute, bevredigende gevoel dat ek iemand onafhanklik maak van ander en die feit dat ek weet ek leer en voorsien iemand van "iets" wat hy/sy vir die res van sy/haar lewe gaan toepas/benodig. Iets eenvoudig en vanselfsprekend, maar tog waardevol. 'n Bestuurslisensie! Ons sal natuurlik saam eers baie hard moet oefen! Ek praat van "ons", want sodra jy in my voertuig klim is jy nie alleen nie. "Ons" is dan 'n span. Saam-saam sal ek jou deur die hele proses help. Ek sal jou ook graag op jou toetsdag bystaan en is my voertuig beskikbaar vir jou om op jou toetsdag te gebruik. Ek sien myself in as 'n staatmaker, 'n eerlike en lojale instruktrise. Ek sit 100% in tydens opleiding en ek verwag dieselfde van my leerlinge. Dis al manier hoe ons sukses sal behaal. Aan al my oud leerlinge: Ek glo julle geniet steeds jul bestuurslisensies en die onafhanklikheid wat daarmee saamgaan. Waai maar vir my wanneer julle verby my ry! Aan al my toekomstige leerlinge: Ek sien baie uit daarna om julle te ontmoet. Ek en my Polo staan reeds gereed. Al wat jy nou moet doen is skakel en boek jou bestuursles. Groete Attie
|
![]() |
SEARCH
ENIGINES | INTERNET
BANKING | EDUCATIONAL
LINKS | WEATHER | ONLINE
EMAIL | ONLINE
NEWS LINKS |
ONLINE
SHOPPING | |||||