![]() | ![]() | |
Instructress of the Year 2004 | Goeie dag! My naam is Antoinette Smit. Ek skryf in Afrikaans, want amper al die ander se briefies is in Engels. Weet net dat ek is tweetalig en kan my opleiding aanbied in Engels sowel as Afrikaans. Eerstens, baie dankie dat jy vandag 'n tydjie afstaan om Anton en Tanya Bestuurskool se webblad te besoek en in besonder myne. Ek bestuur 'n oulike 2006 Chevrolet Spark. Haar naam is Poeftertjie en sy het 'n oranje/brons kleur. Haar flikkerligte sit aan die linkerkant. Sy het nie klagstuur nie, maar draai soos 'n veertjie! Sy is lekker klein en parkeer maklik in 'n parkeerblok. My studente (mans en vroue) noem dat sy soos 'n droom bestuur! Sy het reeds baie studente suksesvol deur die toets gesit! Ek het aangesluit by Anton & Tanya Bestuurskool op 1 Oktober 2002. Ek werk grootendeels in die Noordelike Voorstede en is tans beskikbaar vir opleiding Maandae tot Vrydae voldag. Ek geniet my werk vreeslik baie. Dit is vir my 'n voorreg om elke dag met nuwe mense te werk. Ek is 'n mens-mens en daarom sien ek nie myself in 'n kantoor sit elke dag nie. As instruktrise ontmoet ek elke dag nuwe mense, nuwe plekke! Ek is altyd op tyd en beskou myself as 'n staatmaker en 'n betroubare instruktrise. Daar is niks lekkerder as om 'n leerling vir 'n toets te neem en daardie oomblik te beleef wanneer die student slaag nie. Ja, daar is dae van trane wanneer 'n leerling dit nie gemaak het nie. Dan huil ek en die leerling sommer saam, maar dis net dan wanneer ek die leerling aanmoedig om 'n nuwe afspraak te maak en weer te probeer. Aanhouers wen!! Ek ontferm my graag oor my studente en is dit vir my baie belangrik om hulle ten alle tye kalm en gemaklik te hou. Ek sit 100% in elke les in en waardeer dit wanneer 'n leerling dieselfde bydrae lewer. Ek wil ook al my studente van die afgelope 8 jaar bedank vir alles. Ek onthou nog soveel mooi herinneringe saam met jul elkeen. Die "sports" tydens ons bestuurslesse, die glimlagte en geselsies. Baie dankie vir jul verwysings. Ek waardeer dit alles opreg. Aan al my toekomstige studente: Ek sien reeds vreeslik baie uit daarna om julle te ontmoet en met jul opleiding te begin. Jy moet asseblief onthou: Almal met 'n bestuurslisensie daar buite moes ook begin waar jy nou gaan begin en almal slaag een of ander tyd hul toets.....Geduld en harde oefening = 'n SLAAG! Lekker dag vorentoe... Groetnis Antoinette
|
|
SEARCH
ENIGINES | INTERNET
BANKING | EDUCATIONAL
LINKS | WEATHER | ONLINE
EMAIL | ONLINE
NEWS LINKS |
ONLINE
SHOPPING | |||||